Effektiewe ondersteuning aan Xhosa-moedertaalsprekers in Afrikaansmediumklasse

作者:
Basson, Maylene , le Cordeur, Michael Lucien
作者单位:
Stellenbosch Universiteit
摘要:
Die koms van demokrasie in 1994 en die aanvaarding van Suid-Afrika se Grondwet in 1996 (RSA, 1996), waarin die reg van elkeen om onderrig in die amptelike taal van sy/haar keuse te ontvang, verskans is, het nuwe uitdagings aan opvoeders gestel. Volgens hierdie Grondwet het elkeen die reg om onderrig in enige van die amptelike tale in publieke skole te ontvang. Sommige Xhosa-sprekende ouers oefen hierdie reg uit deur hulle kinders in Afrikaansmediumskole te plaas. Hulle is van mening dat dit vir hulle kinders beter geleenthede in die toekoms sal bied. Resultate van die Jaarlikse Nasionale Assesseringstoetse (ANA’s) toon dat daar 'n toename van Xhosa-moedertaalsprekers in Afrikaansmediumskole is wat nie hulle volle potensiaal ontwikkel nie as gevolg van die feit dat hulle min of geen Afrikaans magtig is. Dit is dus belangrik dat opvoeders[i] toegerus word met die nodige vaardighede om leerders met diverse agtergronde en moedertale te ondersteun. In die lig hiervan is hierdie ondersoek onderneem met die doel om 'n geletterdheids-intervensieprogram te ontwikkel om die woordeskat en leesbegrip van Xhosa-moedertaalsprekers in graad 4 tot 6-Afrikaansmediumklasse te bevorder. Die resultate van die ondersoek dui aan dat die implementering van die geletterdheidsintervensieprogram tot 'n verbetering in die Xhosa-moedertaalsprekers wat by hierdie studie betrek is, se woordeskat en leesbegrip in Afrikaans kan lei.
语种:
AF,EN
DOI:
10.5785/30-1-573
来源期刊:
Per Linguam : A Journal of Language Learning
出版商:
Stellenbosch University
年,卷(期):
2014;30(1):109-126